Sunday, June 5, 2011

Antoinette word tien!

Vanaand sal ek vir oulaas my dogter vashou as 'n 9-jarige!  More tref sy die dubbelsyfers en dan is my Blom al 10.  Die tyd gaan hopeloos te vinnig verby, veral toe iemand opmerk dat sy al verby die halfpadmerk is om die huis te verlaat.

Omdat sy met eksamen besig is en Saterdag (gister) netbal gespeel het, het ons besluit om die partytjie vandag (Sondag, 5 Junie) te hou, oor middagete, wanneer geen kind behoort te studeer nie.  Hier is 'n paar van die verjaardagfoto's.

Die klompie wat verjaardag hou in die Spur.



Die amper-tien verjaardagnooi!
Koeldrank is in vulkane verander!
Die roomys is darem ook geeet!
Daar is gelag...
 
... en gerus...

...en vriende gemaak...


... toekomstige ingenieurs het met hulle kos gespeel...



... en daar is ook op die videospeletjies gespeel.

Die verjaardagmeisie het ook die partytjie baie geniet met al die maats.