Saturday, February 5, 2011

Jacobsbaai

Ons het 'n heerlike laatmiddag op Jacobsbaai deurgebring.  Heerlik op die stoep gesit en 'n ete geniet, terwyl Antoinette reg voor ons in die seepgladde water met haar vis net kon speel.  Sy het naderhand 'n maatjie gekry en hulle het later 'n krap gevang.  Die weer was perfek:  geen wind ('n rariteit vir die Weskus!) en 'n aangename temperatuur laatmiddag.  'n Besondere agtermiddag aan die Weskus.