Sunday, March 20, 2011

Velddrif, Laaiplek en St. Helenabaai

Ek en vriendin Maresa het weer vanmiddag die kinders see toe geneem, met heelwat ander ompaaie, en foto's gaan neem.  Die kinders was later moedeloos as ons stadig langs die pad ry agter 'n valk aan wat ons wil afneem.  Net sodra ons byna naby genoeg is, vlieg die valk op en gaan sit so 200 m verder.  En so ry ons al agter die ding aan.  Maar op die ou einde was alles die moeite werd:  die kinders het die see geniet en ons het mooi foto's geneem en ons siele herlaai langs die stilte en vrede van die see.

Na 'n week van toetsreekse vir ons kinders, was dit vir hulle ook 'n middag om net te speel en te ontspan.

Hulle het soos kleintjies gespeel in die sand en vir 'n rukkie van skool, toetse en huiswerk vergeet.

Hulle het selfs deur 'n gat in 'n "koffie-winkel"-boot vir ons geloer!
En ons het intussen ook ander dinge afgeneem.